Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.
Cover image for Huisgenoot

Huisgenoot

Sep 03 2026
Magazine

Huisgenoot is 'n Afrikaanse gesinstydskrif met 'n unieke redaksionele samestelling. Ons dek onderwerpe so wyd soos onder meer menslike dramas, die doen en lates van glansmense, Afrikaanse musieknuus, mediese en wetenskaplike ontdekkings, nuus van algemene belang, verbruikersake, mode- en glansartikels, fiksie, sport, motornuus, handwerkartikels, resepte, tuis- en skoolprojekte, blokkiesraaisels en opwindende wedstryde.

DUBBELE SKOK VIR BOER FRANCOIS • BSV sorg ouergewoonte vir drama, want toe die hubare wildbewaarder van Hoedspruit se topvyf-vroue aangekondig word, onttrek eers Alicia en toe haar plaasvervanger, Danelle

KORT VOOR LANK

ONS OORSTOOTDRIE IN EKSTRATYD • Sy’t eintlik al vrede gemaak daarmee dat sy alleen met ’n gesin sou begin. Maar toe ontmoet Vanes-Mari du Toit vir Frikkie – en nou maak hulle sáám gereed om hulle dogtertjie te ontmoet

MY SUSTER, MY LIG • Sy was al baie swak, maar Lisa Koppel wou seker maak haar suster, Justine, kry die rok wat sy graag wou dra. Minder as twee weke later is sy oorlede – en nou wil Justine hulle gedeelde droom én Lisa se lig laat voortleef

SY AAN SY -VIR ALTYD • Hulle het in Maart danksy 'n storie in Huisgenoot ontmoet, in April verloof geraak en in Mei getrou – en nou skop hulle nes ná hulle wittebrood

Buite die boks • Ons het 'n nuwe wêreldkampioen in boks – en sy dra die hoop en drome van haar nederige herkoms met trots en 'n tikkie houding

OP PERDE EN IN DALE • Die wêreld se moeilikste perde-uithourit ontlok omtrent Bybelse woorde. Onlangs is 'n Suid-Afrikaanse vrou met vlieënde vaandels deur dié spesifieke dal van die doodskadu

DIE MA IN DIE MONSTER • Hy’s die een wat probeer bewys ons moet Lindsay Clancy jammer kry eerder as veroordeel, die advokaat wat glo haar eie gewete is ’n groter straf as enige tronk

DIE DOKTER WAT FETUSSE OPEREER • n Londense paartjie se ongebore baba se ingewande was buite sy lyfie. Toe tree n Suid-Afrikaanse dokter in Texas in om hom nog voor sy geboorte te help

Gaan wild MET VLEIS • Ses MAKLIKE en SMAAKLIKE maniere om WILDSVLEIS voor te sit

LENTEKLEUR • Pienk, blou, rooi en geel gee vanjaar se klerekas 'n vars nuwe energie. Dra dit van kop tot tone of as spatsels vrolikheid

HOE OM BINNE VYF MINUTE AAN DIE SLAAP TE RAAK • Min van ons kry dit reg om vinnig in droomland weg te raak en boonop elke nag agt uur slaap te kry. Só kan jy die proses aanhelp

DIE EIENSKAPPE WAT LANGTERMYN-PAARTJIES DEEL • PAARTJIES se temperament, emosionele ingesteldheid en daaglikse gewoontes kan verskil. Maar as hulle dieselfde waardestelsel het en albei nuuskierig is oor die wêreld, is die kans groter dat hulle verhouding op die lang termyn sal werk.

Stories vir die vaak en vir onthou

Kom ons leer ken Die skrywer • Blaai om vir die eerste deel van 'n uittreksel uit HENDA OLIVIER se Donkerhart wat ons vandesemaand publiseer

Donkerhart • Lees hierdie uittreksel uit ’n onthutsende sielkundige riller wat jou nekhare sal laat rys en terselfdertyd jou hart wil breek

kyk & luister • Australiese reeks 'prettig en mal'

Alles en nog wat • Ons kyk na 'n paar nuwe reekse waaroor kykers gaande is

Nuut om te stroom

TV-gid

CHASE INFINITI

Riviere spoeg hulle geheime uit • ONS GESELS OOR

Dís hoekom 'n aardbewing in Colombia so verwoestend was • AARDBEWING met 'n magnituude van 7.4 het die weste van Colombia op 10 Augustus 2026 getref. Dit was die sterkste aardbewing wat die land in die 21ste eeu getref het en het groot verwoesting gesaai. Volgens navorsers het die manier waarop Colombiese geboue ontwerp is, 'n rol gespeel in hoekom so baie daarvan verwoes is. Mure van gewapende beton is gewoonlik nodig om weerstand te bied teen sterk wind en, in uiterste gevalle,...

Formats

  • OverDrive Magazine

Languages

  • Afrikaans