Huisgenoot is 'n Afrikaanse gesinstydskrif met 'n unieke redaksionele samestelling. Ons dek onderwerpe so wyd soos onder meer menslike dramas, die doen en lates van glansmense, Afrikaanse musieknuus, mediese en wetenskaplike ontdekkings, nuus van algemene belang, verbruikersake, mode- en glansartikels, fiksie, sport, motornuus, handwerkartikels, resepte, tuis- en skoolprojekte, blokkiesraaisels en opwindende wedstryde.
'DIE PLAASMEISIE WAT SING' • In haar eerste onderhoud in tien jaar gesels Lianie May oor haar lief en leed, haar musiek en haar lewe saam met Barry op hulle Vrystaatse veeplaas
WAT HET GEWORD VAN ... DIE AKTRISE LINDA HAMILTON
BOER, SOEK 'N WÁT? • HY SOEK NIE NET 'N VROU NIE, HY SOEK 'N TWÉÉDE VROU. 'N JONG BRUID WAT VOLGENS 'BYBELSE BEGINSELS' BY HOM EN SY EERSTE LIEFDE KAN AANSLUIT IN HUL GROOT HUIS LANGS DIE VAALDAM. HUISGENOOT KUIER BY DIE PAARTJIE WAT SOMMER IN DIE KOERANT LOOP SOEK HET VIR 'N BROEIKAS VIR SY ERFGENAAM
OM 'N STERK MAN TE GROET • Die aktrise Heléne Lombard vertel van haar eksman se kankerstryd, hoe sy hom tot aan die einde ondersteun het en die versoening wat hulle weer bymekaargebring het
Totsiens, Soebatskloof • Ná twee en 'n half jaar sluit die kelderdeur. Kelders van geheime se sterre en skeppers onthou die tonele, mense en oomblikke wat hulle sal bybly – en vertel wat nou voorlê
Pieter, man van goud • Pieter Coetzé was drie maande oud toe Ryk Neethling en sy spanmaats in 2004 geskiedenis gemaak het. Nou ryg die nuwe goue seun van swem self die goue medaljes in
WIELE VIR DIE WATER • 'n Ongeluk het haar verlam gelaat, maar dit keer haar nie om die see vir haarself én ander mense met gestremdhede toeganklik te maak nie
AANHOUSO EKFONTEIN • Hoeveel plekke is daar in Suid-Afrika met die woord 'fontein' in die naam? Vra maar vir Matilda Burden, want sy het álmal opgesoek
M-M-MZANZI! • Vier resepte vir lekker saam kuier deur die sjef – van braaibygeregte tot boontjieberrie
SJEF NOKX MAJOZI • Die sjef Nokx Majozi laat wapper die Suid-Afrikaanse kosvlag in Brittanje
DIE REGTE GETAL TREË WAT JOU GESONDHEID KAN VERBETER • Is 10 000 tree regtig die 'towergetal' wat jy elke dag moet haal om die gesondheidsvoordele te pluk? Hier's wat kenners sê
NUWE SAID-REISVORM: WAT ELKE REISIGER MOET WEET
Jong vrou se dagboek nuut uitgegee
Die Serwiër • Hierdie week plaas ons die tweede uittreksel uit 'n boek wat die sluier lig op ons land se verstrenelde kriminele en politieke onderwêreld
kyk & luister • Heerlike nuwe aksiereekse
Maak reg vir 'n bietjie retro • Ons kyk na reekse en flieks wat ander tydperke herverbeel
Nuweling se ster skyn helder
Koraal in Wes-Afrika verras • ONS GESELS OOR
CAITLYN HAYWOOD • DIE JONG STER WAAI SOOS 'N STERK WIND DEUR SUIDOOSTER
Vleilande • Ons leer meer oor dié merkwaardige ekostelsels
DIE OKAVANGO-DELTA • Die Okavangodelta is 'n reuse-oase in die noordweste van Botswana. Hier verander vloedwaters die droë Kalahari elke jaar in 'n groen paradys vol wilde diere.
KRUL JOU HIER, KRUL JOU DAAR • URI GELLER IS 79, MET SY 80STE OM DIE DRAAI, EN TREE NIE MEER SOOS VROEËR OP NIE. DEESDAE KUIER HY LIEWER MET AANHANGERS IN SY EKSENTRIEKE MUSEUM IN TEL AVIV, 'N PLEK PROPVOL MEMORABILIA VAN BEKENDES. EN JA, HY BUIG STEEDS LEPELS EN HOU VOL DIS DANKSY SPESIALE KRAGTE, NIE ILLUSIEKUNS NIE
'DAARDIE KULTURELE SKAT' • Fanie van der Merwe het op Boplaas grootgeword tussen sneeu, ou Kaapse meubels en n pa wat hom van kleins af laat inspring het. Maar om in 'n nasionale monument te woon beteken ook jy erf iets veel groter as 'n huis
EUROPA IN...